Kommunale bewaringsgebiede kry opleiding oor duiwelsklou
Duiwelsklou bring ‘n goeie inkomste vir Namibiese kommunale bewaringsgebiede met groot medisinale markte wat oorsee gevestig is. Die omgewingsministerie met ondersteuning van die GIZ-projek Biodiversiteits-ekonomie gaan opleiding aan duiwelsklou-oesters en -handelaars in die Waterberg-omgewing aanbied met vier bewaringsgebiede wat by die opleiding sal baat. Die geleentheid vind plaas by Okakarara met meer as 40 deelnemers wat sertifikate sal ontvang. Oes-toerusting, soos snyplanke, messe en nette, gaan ook uitgedeel word. Die woordvoerder van die ministerie Romeo Muyunda het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…
Leave a Reply