Kommunale boere het infrastruktuur broodnodig
Die Europese Unie en Duitsland se ondersteuning van 23,8 miljoen Namibiese dollar aan die Program vir Kommunale Grond-ontwikkeling van die landbouministerie word deur die Namibia National Farmers Union verwelkom. Hierdie mylpaal is ‘n fraksie van infrastruktuur-ontwikkelings ter waarde van 181,1 miljoen dollar wat deur die ministerie geïnstalleer is in verskeie kommunale gebiede van die streke van Omusati, Ohangwena, Kavango-Oos en -Wes-, Zambezi, Omaheke en Otjozondjupa. Kuniberth Shamathe, die hoof uitvoerende beampte van die unie, het met Kosmos 94.1 Nuus die belangrikheid van hierdie soort bystand aan die kommunale boere gedeel.
Leave a Reply