Konynbloeding-siektes by WGO aangemeld
Die Suid-Afrikaanse departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling het 218 voortdurende uitbrekings van konynbloeding-siekte by die Wêreld-organisasie vir Dieregesondheid aangemeld. Die meeste uitbrekings is in die Noord- en Wes-Kaap, met sommige in die Vrystaat, die Oos-Kaap en Gauteng. Voorsiening is gemaak vir die wettige gebruik van passiewe entstowwe, wat konyn-eienaars toelaat om inenting deur privaat veeartse aan te vra. Die departement se woordvoerder, Reggie Ngcobo, doen ‘n beroep op die publiek om enige siek of vrek hase en konyne by die naaste staatsveearts aan te meld vir ondersoek.
Leave a Reply