Koue weer duur tot einde vandeesweek voort
Die streke van Karas, Hardap, Khomas, Erongo, Otjozondjupa en Omaheke het vanoggend bibberkoue ervaar. Terwyl Walvisbaaiers met sterk wind gepeper word en ‘n koue wind in Windhoek waai, het die Suid-Afrikaanse Weerdiens bevestig sneeu is vandag in sekere dele van Gauteng en Mpumalanga aangemeld. Gauteng het sedert vanoggend sneeu ervaar en die swaarste sneeuval in die provinsie is in Heidelberg aangeteken. ‘n Weervoorspeller, Lehlohonolo Thobela, sê die sneeu veroorsaak uiters koue toestande wat na verwagting tot die einde van die week sal duur.
Leave a Reply