Kragtariewe is onaanvaarbaar, veral omdat Nam opwekkingsvermoë het
Die sekretaris-generaal van die Vakbondkongres van Namibië, Tucna, Mahongora Kavihuha, het sy kommer uitgespreek oor die heersende hoë elektrisiteitskoste. Sy kommentaar kom ná die aankondiging deur die Elektrisiteitsbeheerraad in Mei van ‘n verhoging van 8,9 persent vir NamPower se grootmaat elektrisiteitstarief wat van 1 Julie van krag is en die verwagte aankondiging van verhogings by plaaslike owerhede. Kavihuha sê dat Namibië, met al sy onbeperkte potensiaal om elektrisiteit op te wek en selfs oortollige elektrisiteit na buurlande kan uitvoer, dit nie kan doen nie. Kavihuha het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê die beheerraad moet meer deursigtig wees.
Leave a Reply