Kremlin-kritikus gevonnis tot nóg 19 jaar tronkstraf
Die Russiese opposisieleier in aanhouding, Alexei Navalny, is ‘n verdere 19 jaar tronkstraf opgelê tydens ‘n verhoor agter geslote deure in ‘n afgeleë strafkolonie. Navalny is skuldig bevind aan die stigting en befondsing van ‘n ekstremistiese organisasie en bedrywighede. Hy ontken die aanklagte. Hy dien reeds ‘n termyn van nege jaar uit vir parool-oortredings, bedrog en minagting van die hof. Die aanklagte word algemeen beskou as polities gemotiveerd. Navalny is bekend as die Kremlin se mees uitgesproke kritikus. Hy sê dié swaar vonnisse is daarop gemik om gewone Russe bang te maak.
Leave a Reply