Kremlin sê Pole is ‘n aggressiewe land
Die Kremlin sê Pole se besluit om sy magte op die grens met Belarus te versterk weens die teenwoordigheid van Wagner-huursoldate in dié land, is kommerwekkend. Die woordvoerder van die Kremlin, Dmitri Peskov, het aan die media gesê Pole is ‘n aggressiewe land, en verdien verhoogde aandag van Rusland. Pole het op 2 Julie aangekondig dat hy ‘n bykomende 500 soldate na die grens met Belarus stuur om die toename in migrante te hanteer, en met die oog op ‘n moontlike bedreiging wat die teenwoordigheid van die Wagner-huursoldate inhou.
Leave a Reply