Kuba se kragnetwerk stort weer ineen
Kuba se nasionale elektriese netwerk het Woensdag weer ineengestort toe orkaan Rafael in die eiland se suidwestelike kus getref het met volgehoue winde van 185km per uur en meer verwoesting gesaai het in die reeds krisisgeteisterde land. Waarskuwings teen lewensgevaarlike oorstromings en sterk winde is vir ‘n groot deel van Wes-Kuba uitgereik. Kubaanse owerhede sê die winde het stelsel laat ineenstort en die hele bevolking van 10 miljoen mense is sonder elektrisiteit – die tweede so ‘n voorval in minder as ‘n maand.