Kubaanse President voer samesprekings met Geingob
Die Kubaanse President Miguel Diaz-Canel is op ‘n drie daagse amptelike staatsbesoek aan Namibië. Hy was die eregas van die 33ste Heldedag-vieringe wat Saterdag in Windhoek herdenk is, en het geskeduleerde bilaterale samesprekings met President Hage Geingob. Sy besoek sluit ook vergaderings in met die Kubaanse gesondheids-vrywilligers, die Kubaanse gemeenskap in Namibië en Namibiërs wat in Kuba gestudeer het. Die gesondheidsministerie het ‘n totaal van 92 vrywilligers van Kuba, van wie die meerderheid, 59 persent, spesialiste is, asook aptekers en biomediese ingenieurs. Die ander sluit in tandartse, narkotiseurs, dokters, ginekoloë, mond- en kaakchirurge, pediaters, chirurge, dermatoloë en prostodontiste. Diaz-Canel, vergesel deur sy vrou, Lis Cuesta Peraza, sal môre na Kuba terugkeer.
Leave a Reply