KZN-premier pleit vir meer fondse
Die premier van KwaZulu-Natal, Thamsanqa Ntuli, het ‘n beroep op die nasionale regering gedoen vir begrotingsverligting en beklemtoon daar is beperkings op noodsaaklike dienste in die provinsie. Ntuli het die uitdagings uiteengesit wat die onderwys-, gesondheids- en maatskaplike ontwikkelingsektore mee te kampe het as gevolg van begrotingsbesnoeiings, en hoe dit dienslewering beïnvloed. Hy het die hoop uitgespreek dat provinsiale behoeftes in die volgende nasionale begroting voorop gestel sal word.