Vroue-sokker: Laaste vier spook komende week sake uit
Australië en Engeland is deur na die halfeindronde van die Wêreldbekertoernooi vir vroue. Die twee spanne kom Woensdag in Sydney teen mekaar te staan vir ‘n plek in volgende Sondag se eindstryd. Die eerste halfeindstryd tussen Spanje en Swede vind Dinsdag in Auckland, Nieu-Seeland, plaas nadat hulle onderskeidelik van Nederland en Japan ontslae geraak het.
Leave a Reply