Ladybug-manne verower Engelse Kanaal
Die Namibiese atlete, John Valentin, Roual Spangenberg en Christopher du Plessis, het die Engelse Kanaal in 14 ure en 59 minute verower in hul aflos-swemtog ten bate van die Ladybug-trust. Die poging het die harte van Namibiërs aangegryp omdat die drie Namibiese atlete ten bate van babas in neonatale intensiewe sorg geswem het. Die drie was vir drie jaar op ‘n waglys en het gekwalifiseer deur twee ure in water van 16 grade Celsius of minder te swem. Die drie sê hulle motivering was nie om sogenaamde Engelse Kanaal-swemmers te wees nie, hulle motivering was hul drie dogters in die hemel.
Leave a Reply