Landbou kanselleer drie kritieke tenders
Die landbouministerie het drie uiters belangrike tenders gekanselleer. Die eerste handel oor die lewensvatbaarheidstudie sowel as die bestuur en oorsig oor fase een van die Neckartal-besproeiingsprojek terwyl die tweede tender infrastruktuur by die Kalimbeza-rysprojek, wat jare lank onderpresteer, opgegradeer het. Die derde tender is vir die ontwikkeling van die onderhoudsplan vir masjinerie by die land se sukkelende groenskemas. Luidens die advertensie, is die tenders gekanselleer omdat hulle nie meer nodig is nie, maar die ministerie voeg in dieselfde asem by dat die drie tenders binnekort weer oopgestel sal word. In al die gevalle, is dit uiters belangrik dat die werk so vinnig as moontlik begin.
Leave a Reply