Landbou moet verander om te oorleef: kenner
Die Namibië Statistieke Agentskap se BBP-verslag vir die derde kwartaal wys die landbou- en bosbousektor het ‘n 6,3 persent daling in reële toegevoegde waarde gesien, in teenstelling met 17,8 persent groei in dieselfde tydperk verlede jaar. Die daling is aangedryf deur ‘n 8,1 persent afname in die veeboerdery subsektor, toegeskryf aan verminderde voorraadvlakke en die impak van die droogte. Gewasboerdery het beskeie groei van 0,4 persent aangeteken, aangehelp deur ‘n toename in druiweproduksie. Salomo Hei, ‘n ekonoom met kennis van landbou en besturende direkteur van High Economic Intelligence, sê landbou benodig ‘n nuwe benadering om te oorleef.