Landbou ontken dat groenskemas vir weiding gebruik word
Plaaslike berigte lui dat die landbouministerie ontken dat die Shitemo- en Ndonga Linena-groenskemas in die Kavango Oos-streek nie voedsel produseer nie en net vir weiding gebruik word. Volgens die ministerie se woordvoerder Jona Musheko, bestuur Nida die Shitemo-skema en daarom kan hy net syfers oor Ndonga Linena bevestig. Hy sê 66 hektaar se mielies is reeds aangeplant met ‘n bykomende 132 hektaar wat in die komende week of meer voltooi sal wees. Kleinskaalse boere het ook 176 hektaar reeds aangeplant en ‘n verdere 80 hektaar word voorberei. Die verre noordelike dele het nie die druk van ander Namibiese produsente om voor die 25ste Januarie, die Kaisersgeburtstag, mielies in die grond hoef te kry nie omdat dit nie so koud daar word nie. Groenskemas in die land sukkel met produksie en presteer reeds jare lank onder kapasiteit.
Leave a Reply