Landbou teiken 243 plase in buitelandse besit – Kosmos 94.1

Home Uncategorized Landbou teiken 243 plase in buitelandse besit – Kosmos 94.1
Landbou teiken 243 plase in buitelandse besit – Kosmos 94.1



Landbou teiken 243 plase in buitelandse besit

Plaaslike media berig dat die landbouministerie van voorneme is om 243 plase wat deur buitelanders besit word, te onteien, met vergoeding. Die ministerie se woordvoerder Jona Musheko het aan media bevestig die verslag is nog nie gefinaliseer nie maar die 243 plase beslaan 1,2 miljoen hektaar met Duitse burgers wat 124 van die plase, net minder as 590 000 hektaar, besit. Suid-Afrikaners het 81 plase wat 350 000 hektaar beslaan en Oostenrykse burgers 14, of 50 000 hektaar. Amerikaners, Swede, Britte, Kanadese, en Italianers – onder andere – het ook grond, en so ook Chinese burgers. Met die huidige begroting wat die ministerie toelaat om ongeveer 230 000 hektaar jaarliks aan te koop, sal dit volgens Musheko ses jaar neem om die plase te bekom.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.