Landbou-unies woon kabinetsvergadering oor Meatco by
Die Lewendehawe Produsente-organisasie wat deel is van die Namibiese Landbou-unie het saam met ander landbou-unies ‘n kabinetsvergadering oor Meatco bygewoon. Die vier unies het as ‘n verenigde front insette gelewer oor die laat betaling van Meatco aan produsente, die geslote noordelike kommunale gebiede-abattoirs en ‘n voorgestelde Meatco-struktuur. Ná lang gesprekvoering is besluit dat die minister van finansies, Iipumbu Shiimi, almal se kommentaar sal insluit en ‘n finale voorstel aan die kabinet sal maak vir finale besluitneming. Alhoewel daar steeds heelwat onsekerhede is, sê die NLU daar is hoop dat ‘n beter oplossing gevind sal word.
Leave a Reply