Lede van AR se nuwe vakbond reeds ongelukkig
Werknemers van mynmaatskappye wat by die nuutgestigte Revolusionêre Unie aangesluit het, het onlangs aangedui hulle wil die vakbond verlaat. Werknemers van Carbon Twelve Mining, ‘n subkontrakteursmaatskappy by Rössing Uranium-myn, het in ‘n brief gedateer 20 Oktober hul begeerte uitgespreek om uit die vakbond te bedank. Kosmos 94.1 Nuus het met Julius Natangwe, sekretaris-generaal van die RU, gepraat, wat sê dat werkgewers die werknemers ‘n salarisverhoging of ‘n pos aanbied as hulle die vakbond verlaat. Volgens wet kry ‘n vakbond 90 dae na hy sy meerderheid verloor het om dit terug te wen. Indien hy nie slaag nie verloor hy sy status. Natangwe sê hulle wag op die einde van hierdie tydperk om te kyk hoe dinge verloop en wanneer die proses voltooi is, sal die vakbond voortgaan om ‘n erkennings-ooreenkoms met die maatskappy te sluit.
Leave a Reply