Leerders blootgestel aan seksoortreders: DA
Die DA in Gauteng sê dit is ontstellend dat leerders in die provinsie binne hulle skoolomgewings blootgestel word aan seksoortreders en jagters. Die provinsiale Onderwysdepartement het onthul slegs 8 782 van die 86 367 werknemers in staatskole is nagegaan op die Nasionale Register vir Seksoortredings. Michael Waters van die DA sê nege van hulle is uitgeken as veroordeelde seksoortreders.