Leerders in jeugdiens moet ervaring opbou – Kosmos 94.1

Home Uncategorized Leerders in jeugdiens moet ervaring opbou – Kosmos 94.1
Leerders in jeugdiens moet ervaring opbou – Kosmos 94.1



Leerders in jeugdiens moet ervaring opbou

Agnes Tjongarero, minister van jeug en sport het ‘n beroep op alle regeringskantore, ministeries en agentskappe, sowel as ondernemings in staatsbesit gedoen om plek te maak en geleenthede te skep vir vrywillige dienste vir die leerders in die Nasionale Jeugdiens. Op die oomblik is die jongste opname van jongmense op Hentiesbaai waar 310 opleiding ontvang. Tjongarero sê die leerders moet so vinnig as moontlik ervaring opbou. Die program lei jongmense op wat dan ontplooi word by verskeie projekte van nasionale belang. Dit vorm deel van die regering se pogings om die reuse-jeugwerkloosheid syfer, van rondom 50 persent, aan te spreek. Groot suksesse is onlangs behaal met opleiding by die Rietfontein-perseel van die diens.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.