Leeus wil suksesvolle veldtog voortsit
Rugby: Die Leeus wil voortgaan met hul stryd om die top-agt van die Verenigde Rugby-kampioenskap te haal wanneer hulle die Ospreys Saterdag in Wallis die stryd aansê. Hul veldtog het ‘n groot hupstoot gekry met ‘n oorwinning van 38-14 die afgelope naweek teen Connacht in Galway, al het hulle vir meer as ‘n uur met net 14 spelers gespeel. Die span van Johannesburg is nou agtste op die punteleer en die hulpafrigter, Ricardo Loubscher, sê hulle wil hul goeie lopie voortsit.
Leave a Reply