Leiers moet soos Nelson Mandela wees
Vandag word Nelson Mandela-dag wêreldwyd herdenk. President Cyril Ramaphosa beskryf Nelson Mandela se nalatenskap as een wat ʼn voorbeeld vir alle Suid-Afrikaanse leiers behoort te wees. Hy het op Qunu in die Oos-Kaap gepraat waar ʼn standbeeld van die ontslape oudpresident onthul is. Ramaphosa beskryf die onthulling as ʼn herinnering aan almal van waarvoor Mandela as leier gestaan het. Hy het die belangrikheid onderstreep van politici wat dieselfde integriteit moet handhaaf as Mandela tydens sy termyn.
Leave a Reply