Leiers van jihadiste-groep in Mosambiek in gevegte dood
Die Mosambiekse regering sê die leier van ‘n jihadiste-groep, wat met die Islamitiese Staat verbind word, is dood in gevegte met die land se gewapende magte. Die groep voer ‘n skrikbewind in die noorde van die land. Die ministerie van verdediging sê Bonomade Machude Omar, was die leier van insypelaars sedert die begin van die gevegte in 2017. Volgens die regering is twee ander senior leiers van die groep ook dood. Die inligting is egter nog nie onafhanklik bevestig nie.
Leave a Reply