Leierskapskrisis by Eskom wek kommer
Die African Christian Democratic Party is bekommerd oor die leierskapskrisis by Eskom na die onlangse bedanking van die voorsitter van die Eskom-raad, Mpho Makwana. Die minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, het aangekondig Makwana sal by die algemene jaarvergadering van Eskom, wat vir einde vandeesmaand geskeduleer is, bedank. ʼn Woordvoerder van die ACDP, Steve Swart, sê boonop het die kragvoorsiener sedert die bedanking van André de Ruyter sewe maande gelede nie ’n permanente uitvoerende hoof gehad nie.
Leave a Reply