Lenasia skuld City Power R1,4 miljard
City Power doen ʼn beroep op sakeondernemings en inwoners in Lenasia, suid van Johannesburg om hom te nader en ʼn ooreenkoms te sluit om vir dienste te betaal. City Power word by sy Lenasia-diensleweringsentrum 1,4 miljard Suid-Afrikaanse rand geskuld. City Power se woordvoerder, Isaac Mangena, sê hulle is bekommerd oor onwettige meters wat nie aan hulle behoort nie en deur sakeondernemings en gemeenskappe gebruik word, die gepeuter aan en omseiling van meters, asook onwettige verbindings.
Leave a Reply