Liggaam van man uit Swakoppoortdam gehaal
Die liggaam van ‘n 40-jarige man is deur polisie-duikers uit die Swakoppoortdam buite Okahandja gehaal. Die woordvoerder van die Otjozondjupa-polisie, inspekteur Maureen Mbeha, sê die lyk is deur naasbestaandes uitgeken as dié van die Erwin Makenzie Tjikune. Daar word beweer dat Tjikune Maandagmiddag in die geselskap van twee vriende na die dam sowat 35 kilometer oos van Okahandja gereis het. Daar het hulle gesellig verkeer en Tjikune het ombike, of tuisgemaakte alkohol gedrink. Hy het in die dam gespring en nie weer uitgekom nie. Sy vriende kom hom ook nie vind nie en daarom is die polisie ingeroep.
Leave a Reply