LIV en PGA dalk maats met Trump wat wen
Rory McIllroy glo ‘n oplossing is moontlik in die onenigheid tussen die PGA-toer en LIV-Gholf na Donald Trump se oortuigende oorwinning in die Amerikaanse verkiesing. Volgens nuusberigte het die Openbare Beleggingsfonds, Saoedi-Arabië se koninklike fonds en borge van LIV ‘n ooreenkoms met die PGA bereik om meer as ‘n miljard-dollar in die nuutgestigte PGA-toeronderneming te belê. Die wêreld nommer drie, wat dié week in die Abu Dhabi-kampioenskap speel, het ‘n jaar gelede uit die PGA-beleidsraad bedank.