Lombaard-broers verskyn weer
Die broers Johan en Kobus Lombaard, die eienaars van Golden Game CC naby Mariental, verskyn vandag saam met hulle medebeskuldigde Rudy Kotze in die Leonardville-landdroshof nadat hulle na bewering goue wildebeeste sonder die nodige permitte vervoer het. Hulle is op 30 Augustus verlede jaar by ‘n mobiele padblokkade voorgekeer op die C15 tussen Aranos en Stampriet, en gearresteer. Die drie mans is verlede jaar borgtog van 50 000 Namibiese dollar elk toegestaan deur die Gobabis-landdroshof, wat ook die saak teruggestuur het na Leonardville.
Leave a Reply