Lombaards van Golden Game na verwagting vandag in die hof
Johan en Kobus Lombaard van Golden Game CC naby Mariental sal vandag in die hof op Leonardville verskyn na hulle verlede week ‘n nag in die selle deurgebring het. Dit volg na klagte van die onwettige vervoer van beskermde wild. Die twee is saam met twee ander by ‘n mobiele padblokkade op die C15-grondpad tussen Stampriet en Gochas voorgekeer, volgens die polisie se verslag, Woensdagaand net voor sewe. Volgens wat berig word, sê Johan die wild was net tussen plase verskuif. Lombaard se seun is borg van 5 000 dollar toegestaan terwyl die werkers elk 2 000 dollar borg ontvang het. Daar is kommer oor ‘n opkomende wildveiling by Golden Game en uitsluitsel sal eers gegee kan word na vandag se hofverrigtinge.
Leave a Reply