Lüderitz kort dringend skole

Home Uncategorized Lüderitz kort dringend skole
Lüderitz kort dringend skole

Lüderitz kort dringend skole

Die raadslid vir die !Nami#Nus-kiesafdeling, Susan Ndjaleka het ‘n beroep op die regering gedoen om die bou van ‘n nuwe skool by Lüderitz te prioritiseer voor die langverwagte ontwikkelings wat vir die dorp geoormerk is. Sy sê mense het na Lüderitz begin migreer weens die ontwikkelings rondom die dorp soos die groen-waterstofprojek en olie. Die dorp het ‘n waglys van byna 100 leerders en die kiesafdeling meld al ‘n geruime tyd ‘n tekort aan skole aan. Die kusdorp het vyf staatskole, insluitend drie laerskole, een sekondêre skool en ‘n senior sekondêre skool. Ndjaleka sê ondersteuning van die regering en die privaat sektor is nodig om ‘n nuwe skool te bou. Sy voeg by ‘n nuwe hospitaal is ook broodnodig sowel as ‘n satellietpolisiestasie.

source

Leave a Reply

Your email address will not be published.