Lughawe-aankomste daal skerp
Totale lughawe-aankomste in September was 24,1 persent laer as in Augustus, en ‘n yslike 52.7 persent laer op ‘n jaarbasis. Dit weerspieël ‘n kommerwekkende neiging in Namibië se toerismebedryf, sê High Economic Intelligence in sy nuutste verslag. Die afname was hoofsaaklik weens 18 persent minder binnelandse aankomste en 5 persent minder streeksaankomste, wat toegeskryf word aan verhoogde lewenskoste te midde van hoë inflasie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Salomo Hei, ekonoom en besturende direkteur van High Economic Intelligence, wat die pad vorentoe aandui.
Leave a Reply