Lugreisbedryf bespreek uitdagings van gestremdes
Namibiërs met gestremdhede ervaar talle uitdagings in die land met veral ‘n gebrek aan infrastruktuur-geriewe om hulle te akkommodeer. Bisey //Uirab, die uitvoerende hoof van die Namibiese Lughawens-maatskappy, het erken dat mense met gestremdhede nie in ag geneem is tydens die bou van Namibiese lughawens nie. Die plaaslike lugredery, FlyNamibia het ‘n simposium aangebied met die tema “Engaging for Equality in Air Travel and Disability Inclusion”. Prominente belanghebbendes uit die lugreisbedryf het tydens die paneelbespreking die uitdagings bespreek wat individue met beide sigbare en onsigbare gestremdhede in die gesig staar. FlyNamibia was vroeër vanjaar in die spervuur toe ‘n gestremde vrou nie op ‘n vlug na Ondangwa toegelaat is nie en het toe onderneem om oplossings te vind.
Leave a Reply