Lys van sensuspersoneel op NSA-webtuiste gepubliseer
Die Namibiese Statistieke-agentskap het sy lys van sensuspersoneel gefinaliseer en op sy webtuiste gepubliseer. Die lys kandidate moet weer registreer deur die aanlynvorm in te vul en dan aanmeld by die verskeie persele in die streke op 8 September vir opleiding wat tot 16 September sal duur. Kandidate moet hul ID-dokumente, bankbevestigings-briewe en NamRA-belastingbriewe saambring op 8 September. Die agentskap maan die kandidate, en lede van die publiek, om waaksaam te wees vir slenters.
Leave a Reply