Maatskaplike dekking in Afrika vertoon uiters swak

Home Uncategorized Maatskaplike dekking in Afrika vertoon uiters swak
Maatskaplike dekking in Afrika vertoon uiters swak



Maatskaplike dekking in Afrika vertoon uiters swak

Maatskaplike toelae bly in die nuus. Die toelaag vir kwesbare kinders is onlangs verhoog en so ook die pensioenbetalings. Die regering sing gereeld sy eie lofliedere vir sy dekking van kwesbares in die land omdat dit elke jaar uitbrei maar, kenners meen dis eenvoudig armoede wat toeneem. Meer as 356 000 kinders kwalifiseer vir die toelaag en daar is net meer as 618 000 Namibiërs, ongeveer ‘n kwart van die bevolking wat oor die algemeen baie jong is, wat toelae ontvang. Afrika self het ‘n uiters lae dekking van maatskaplike sorg, ongeveer 17 persent van inwoners, met die internasionale gemiddeld wat op 47 persent staan. Die regering bestee amper 6 miljard Namibiese dollar ‘n jaar in die toelae wat baie sê niks doen om armoede aan te spreek nie.   



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.