Maimane maan Ramaphosa om standpunt in te neem oor Zim
Build One South Africa se leier, Mmusi Maimane, doen ‘n beroep op president Cyril Ramaphosa en die ANC om ‘n sterk en beginselvaste standpunt in te neem oor die uitslag van die Zimbabwiese verkiesing. President Emmerson Mnangagwa is vir ‘n tweede termyn verkies nadat hy 52,6 persent van die stemme gekry het. Die opposisie, Citizens’ Coalition for Change, beweer egter daar was wydverspreide knoeiery met stemme terwyl waarnemers sê die verkiesing voldoen nie aan demokratiese standaarde nie. Maimane sê die skending van menseregte, verkiesingsbedrog en ondemokratiese norme onder die voorwendsel van Zimbabwe se soewereiniteit, kan nie toegelaat word nie.
Leave a Reply