Malawi pomp miljoene in landbou in
Die Malawiese finansminster, Simplex Chithyola-Banda, sê die regering beplan om die befondsing vir landbou-insetlenings in die land te verhoog. Dit word deur die Nasionale Ekonomiese Bemagtigingsfonds gefasiliteer. Die oogmerk daarvan is om te verseker meer boere kry toegang tot lenings om hulle produktiwiteit te verhoog. Chithyola-Banda benadruk die maatskaplike en ekonomiese voordele vir die land. Een van die boere, Simon Zimba, wat vir die eerste keer ‘n lening van 66 miljoen Namibiese dollar verkry het, sê dit het hom in staat gestel om tien hektaar mielies, 2,5 hektaar grondboontjies en 1,5 hektaar tabak te verbou.
Leave a Reply