Man in hegtenis na botsing met Zuma se staatsvoertuig
‘n Een-en-vyftigjarige-jarige man is in Eshowe, KwaZulu-Natal in hegtenis geneem vir beweerde dronkbestuur asook ‘n aanklag van roekelose en nalatige bestuur. Die man se voertuig het kort voor 7 Donderdagaand met oudpresident, Jacob Zuma, se amptelike gepantserde staatsvoertuig gebots, toe die hoofmotor in sy konvooi tussen Gingindlovu en Eshowe in ‘n ongeluk was. Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe sê ten tye van die botsing was Zuma saam met sy beskermingspan in die voertuig.
Leave a Reply