Man kry 12 jaar tronkstraf vir renosterstropery
Die Skukuzu-Streekshof in Mpumalanga het ‘n man 12-jaar regstreekse gevangenisstraf opgelê vir renosterstropery-verwante oortredings. Veldwagters het voetspore gevolg in die Kruger-wildtuin wat hulle na Lindelani Mdletshe gelei het. ‘n Beweerde medepligtige, Rhody Ndlovu, het aanvanklik ontsnap, maar albei is betrap in besit van onwettige vuurwapens. Monica Nyuswa van die Nasionale Vervolgingsgesag sê Mdletshe is skuldig bevind toe ballistiese bewyse die vuurwapen met renosterstropery verbind het.
Leave a Reply