Man skok dood toe hy koperkabels in Noorde wou steel
Nes in Suid-Afrika, neem die diefstal van koperkabels plaaslik toe en owerhede het kommer oor skrootmetaal-handelaars wat die gesteelde kabels aankoop. Intussen word daar berig dat ‘n 21-jarige man by die Ekamba-nedersetting naby Ongwediva doodgeskok het toe by probeer het om koperkabels te steel. Die kabels was hoëspanning kabels wat aan ‘n transformator gekoppel was en hy het ‘n tang gebruik om hulle te knip. Die nuus kom dae na die nasionale uitsaaier se Kati FM in die Noorde van die lug af was as gevolg van kabeldiefstal wat ook die bedrywighede van die Oshana-streeksraad sowel as die direktoraat van onderwys geraak het.
Leave a Reply