Mapisa-Nqakula oorhandig haar aan die polisie
Die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het haarself vanoggend aan die polisie in Pretoria oorgegee te midde van korrupsiebewerings teen haar. Sy word beskuldig dat sy meer as twee-miljoen-rand se tender-omkoopgeld van ʼn kontrakteur ontvang het terwyl sy die minister van Verdediging en Militêre Veterane was. Mapisa-Nqakula sal volgens berigte vandag in die Hooggeregshof in Pretoria verskyn.
Leave a Reply