Maren probeer keer oor bates, vra uitstel sodat ander aansoek gebring kan word
Die saak waar die omstrede prokureur Maren de Klerk poog om die aansoek om beslag te lê op sy eiendom ter syde te laat stel, kom vanoggend voor regter Boas Usiku voor vir saakbestuur. Daar is ooreengekom dat sy aansoek as ‘n interlokutêre aansoek in die prokureur-generaal se aansoek oor sy bates gebring sal word. Daardie saak word deur regter Shafimana Ueitele aangehoor. De Klerk vra vir drie weke se uitstel in vandag se saak om te bepaal wat daarvan sal word. In die aanklaer-generaal se aansoek vir die beslaglegging van bates vra sy vir amper 82 miljoen Namibiese dollar wat sy sê aan De Klerk se regsfirma deur Fishcor oorbetaal is.
Leave a Reply