Markram, Proteas maak geskiedenis by Wêreldbeker
Krieket: Aiden Markram het die vinnigste Wêreldbeker-honderdtal ooit geslaan toe Suid-Afrika gister 428 vir 5 gemaak het in ‘n verpletterende oorwinning van 102 lopies oor Sri Lanka in Delhi. Dit is die hoogste telling ooit in die toernooi se geskiedenis. Markram het sy honderdtal van 49 balle gemaak, een vinniger as Ierland se Kevin O’Brien teen Engeland in Bangalore in 2011. Hy het uiteindelik vir 106 van 54 geval, nadat Quinton de Kock vroeër 100 van 84 balle geslaan het en Rassie van der Dussen ‘n 110-balle 108. David Miller, wat 39 van 21 aangeteken het, en Marco Jansen het toe die telling verby die vorige rekord van Australië se 417-6 teen Afghanistan in 2015 geneem. Sri Lanka is uitgeboul vir 326 lopies in 44.5 boulbeurte. Vandag pak Indië en Australië mekaar om half-elf in Chennai.
Leave a Reply