Maties stel paneel aan vir Wilgenhof-ondersoek

Home Uncategorized Maties stel paneel aan vir Wilgenhof-ondersoek
Maties stel paneel aan vir Wilgenhof-ondersoek

Maties stel paneel aan vir Wilgenhof-ondersoek

Die Universiteit Stellenbosch het ʼn paneel van drie lede aangestel om vas te stel of die universiteit se personeel, oudstudente of studente stilgebly het oor onaanvaarbare praktyke wat by die Wilgenhof-manskoshuis plaasgevind het. Sketse wat blykbaar seksuele aanranding uitbeeld, swart hoofbedekkings en ʼn giftige mengsel van lynolie en aalwynkristalle is verlede maand in twee kamers in die manskoshuis gevind. Die paneellede is die universiteit se adjunkregistrateur vir bestuur, Penny van der Bank, advokaat Nick de Jager, en ʼn voormalige registrateur van die Universiteit van die Vrystaat, Derek Swemmer.

source

Leave a Reply

Your email address will not be published.