Matriek 2023: Hoe gemaak met werkskepping?
Die uitslae vir gewonevlak leerders vanjaar is effe beter as in 2022 en 29 persent van die leerders kwalifiseer vir tersiêre instellings teenoor 20 persent verlede jaar. Die algehele slaagsyfer vir gewonevlak leerders, met ‘n minimum van 20 punte vertoon nie baie goed nie en net 48,8 persent is deur. Kosmos 94.1 Nuus het met Sven Thieme, voorsitter van die Ohlthaver & List-groep, gesels vir ‘n reaksie op die resultate en hoe om werk te skep vir die jeug, want die meeste gaan nie verder studeer nie.
Leave a Reply