May en Mitchell is in by die Wêreldbeker-span
Die Engelse vleuel Jonny May vervang Anthony Watson in die komende Wêreldbekertoernooi in Frankryk. Watson is uit nadat hy sy kuit in die wedstryd teen Ierland beseer het. Die enigste ander speler wat nie meer deel is van afrigter Steve Borthwick se oorspronklike groep nie, is Jack van Poortvliet, wat weens sy enkelprobleem deur Alex Mitchell vervang moes word. Die name van die groep van 33 spelers sal vandag aan Wêreldrugby voorgelê word. Engeland se Wêreldbeker-openingswedstryd is op die negende van volgende maand teen Argentinië in Marseille.
Leave a Reply