Mbalula sal nie vervolg word nie
Die Nasionale Vervolgingsgesag in die buurland het aangekondig hulle gaan nie die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, vervolg in verband met die Desember 2019-verslag van die Openbare Beskermer nie. Die streekwoordvoerder van die NVG, Lumka Mahanjana, sê die verslag het aangevoer dat Sedgars Sports tussen Desember 2016 en Januarie 2017 betaal het vir die vakansie van die Mbalula-gesin in Dubai, toe hy die minister van Sport, Kuns en Kultuur was. Mahanjana sê die verwysing van die Openbare Beskermer was om te bepaal of die reis met die opbrengs van geldwassery befonds is:
Leave a Reply