Mbumba skakel nie net met tradisionele leiers in Noorde: presidensie

Home Uncategorized Mbumba skakel nie net met tradisionele leiers in Noorde: presidensie
Mbumba skakel nie net met tradisionele leiers in Noorde: presidensie


Mbumba skakel nie net met tradisionele leiers in Noorde: presidensie

Die presidensie verwerp bewerings in die media dat President Nangolo Mbumba slegs met tradisionele leiers in die Noordelike gebiede skakel. Die presidensie sê in ‘n verklaring Mbumba is verbind tot nasiebou en sal altyd poog om tradisionele leiers te ontmoet wanneer hy werk-besoeke buite die hoofstad onderneem. Die beweringe volg op ‘n vergadering wat Mbumba met tradisionele leiers gehou het in die Oshikoto-streek nadat hy ‘n kerkdiens in Olukonda, sy gemeente van oorsprong, bygewoon het. Hy het ook in Februarie met tradisionele leiers in die Zambezi-streek vergader. Die presidensie sê Mbumba beplan ‘n besoek aan die Hardap- en Karas-streke in die eerste week van April, en sal dan ook met tradisionele leiers vergader.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.