McCarthy sê klagtes teen Trump is dubbelstandaarde
Amerikaanse oudpresident Donald Trump sal vryheid van spraak as sy verweer gebruik in die saak waar hy in verband met die opstand op 6 Januarie aangekla is. Sy regspan het reeds die aankondiging aan Amerikaanse media gemaak maar, verskeie analiste meen dat hy dan beken dat hy die opstand aangedryf het terwyl ander sê dat vryheid van spraak ook sy eie beperkings het. Intussen het die meerderheidsleier van die Huis van Verteenwoordigers Kevin McCarthy uitgevaar teen die klagte teen Trump. Hy maak ook melding van vryheid van spraak.
Leave a Reply