McCarthy sy pos kwyt, eerste keer in Amerikaanse geskiedenis
Die speaker van die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers, Kevin McCarthy is uit sy pos verwyder. Die Huis het 216-210 gestem om hom te verwyder. Die mosie is deur verregse lede van sy eie party gebring, na hy volgens hulle kop in een mus was met Demokrate, eers met die skuldperk en nou met die tussentydse wetgewing om ‘n regeringstilstand af te weer. Dit is die eerste keer in die Amerikaanse geskiedenis wat ‘n speaker verwyder word. McCarthy sê hy is trots op wat hy vermag het.
Leave a Reply