McHenry verjaar, word 47 vandag

Home Uncategorized McHenry verjaar, word 47 vandag
McHenry verjaar, word 47 vandag

McHenry verjaar, word 47 vandag

Die leier van die amptelike opposisie PDM-party, McHenry Venaani, vier vandag sy 47ste verjaarsdag. Venaani was ‘n lid van die Nasionale Vergadering van 2002 tot 2010, in 2014, en nou sedert 2015. Ten tyde van sy aanstelling in 2002 was hy Namibië se jongste LP. Hy is in Windhoek gebore. Hy het in 2013 leierskap van die destydse DTA oorgeneem deur Katutire Kaura met 96 stemme teenoor 52 te wen. Hy het die party op 4 November 2017 na die Popular Democratic Movement vernoem. Die PDM het 16 setels in die parlement en een in die Nasionale Raad.

source